Trompie die kragman (#7)
| By: | Topsy Smith |
| Publisher: | NB Publishers |
| Print ISBN: | 9780798147613 |
| eText ISBN: | 9780798154642 |
| Edition: | 1 |
| Copyright: | 2007 |
| Format: | Reflowable |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
Dawie se ouers gaan vir drie maande weg en hulle oorweeg dit om hom by Trompie-hulle te laat bly, maar daar kom moles met ’n donkie en die koshuis is arme Dawie se voorland. Die seuns is nou in graad nege en die skoolhoof vermaan hulle om ernstig te begin leer en te vergeet van dinge soos bendes. Gaan dit die einde van Kwaggaberg se beroemde Boksombende wees? Trompie lees ’n advertensie waarin ’n kragman beweer mans wat sy spierboukursus doen, sal deur meisies bewonder en deur vyande gevrees word. Die Grootkaptein besluit dit is presies wat hy in sy lewe nodig het en bewys weer eens wat ’n entrepreneur hy is wanneer hy ’n slim plan prakseer om vir die spierdier se oefenapparaat te betaal. Tussen dit alles deur moet ons held ook nog vir Katrien wat hom altyd met sy huiswerk help tevrede hou en ’n nuwe boelie by die skool op sy plek sit.