Trompie die hartedief (#8)
| By: | Topsy Smith |
| Publisher: | NB Publishers |
| Print ISBN: | 9780798147620 |
| eText ISBN: | 9780798154611 |
| Edition: | 1 |
| Copyright: | 2007 |
| Format: | Reflowable |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
’n Fotograaf kom die leerders by die skool afneem, en Trompie en sy manskappe besluit om nie soos al die ander vroom gesiggies op te sit nie. Hulle gaan kyk wie van hulle die lelikste bakkies kan trek. Maar die skoolhoof daag op wanneer ons held voor die kamera beland en hy kan nie maak soos hy belowe het nie. Sy drie maats beland in die moeilikheid en besluit om hom daarvoor te straf. Hulle gebruik die feit dat hy dink meisies is so mal oor hom om hul Grootkaptein ’n lelike streep te trek. Wanneer die Boksembende uiteindelik weer vrede maak, kan hulle die res van die dorp nie in vrede los nie en jaag Trompie se suster en ’n vriendin van haar lelik die skrik op die lyf. Hulle reël ook die Rugbywedstryd van die Eeu en moet boonop ’n onnutsige agtjarige knapie leer om mens te word. Trompie, Rooie, Blikkies en Dawie regeer beslis op Kwaggaberg!