Back to results
Cover image for book Trompie die filmster (#15)

Trompie die filmster (#15)

By:Topsy Smith
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798147682
eText ISBN:9780798154604
Edition:1
Copyright:2008
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Trompie weet sommer hy het baie sleg in die wiskundetoets gevaar en maak hom reg vir swaar straf. Om alles te kroon vang hy dan iets in die personeelkamer aan wat hom in verdere moeilikheid laat beland. Teen die einde van die skooldag het hy soveel uitskryfwerk dat sy bendelede hom moet help, maar hulle wil natuurlik eerder in die kloof gaan swem. Ons held kry homself baie jammer. Kwaggaberg is in rep en roer wanneer tonele vir ’n Afrikaanse film in die dorp geskiet word. Dawie hoop hy gaan die hoof kinderrol kry aangesien hy al soveel boeke oor toneelspeel gelees het en presies weet hoe ’n akteur moet loop en praat. Hy daag Trompie-hulle uit om ook vir ’n oudisie te gaan sodat hy kan lag vir hoe hulle gekke van hulself maak, maar dan boemerang sy plan op hom. Die regisseur gee die sproetgesig Trompie wat so traak-my-nie-agtig is een kyk en weet sommer dadelik hy kan van hom ’n ster maak. Maar sal die niksvermoedende filmspan al Trompie en sy beroemde en berugte Boksombende se kattekwaad oorleef?

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.