Back to results
Cover image for book Saartjie se geveg (#9)

Saartjie se geveg (#9)

By:Bettie Naudé
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798147606
eText ISBN:9780798154468
Edition:1
Copyright:2007
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Saartjie en haar vriende het tien dae skoolvakansie en hulle benut dit ten volle. Die Drie Muskiete gaan “dêps” sappige ingevoerde turksvye by ’n kwaai oom wat openlik sê hy sal enigiemand wat hom besteel lewendig afslag – en ons heldin kry meer as waarvoor sy haar reggemaak het. Hierna stel die rabbedoe vir haar boetie ’n valstrik in hul sitkamer, maar dan kom mevrou Dominee kuier en dinge loop lelik skeef. Saartjie begin ernstig wonder of sy nie maar liewer ’n non moet word nie. Gelukkig daag die sirkus weer in Lynnekom op en sy vergeet vinnig van haar sorge, want die sirkusleeu ontsnap uit sy hok en juffrou Baumann maak van aangesig tot aangesig met hom kennis! ’n Paar dae later maak ’n wegloperhondjie sy opwagting in Saartjie en Apie se lewens. Hulle wil hom albei dolgraag hê, maar kom ooreen dat die brakkie self moet besluit wie sy baas gaan wees. Intussen kla ’n knorrige nuwe buurman dat die hond dissipline geleer moet word – nes Saartjie-hulle!

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.