Back to results
Cover image for book Die Skyn van tuiskoms

Die Skyn van tuiskoms

'n Keur uit die gedigte van Lina Spies
By:Lina Spies
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798151443
eText ISBN:9780798153751
Edition:1
Copyright:2010
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Lina Spies se debuutbundel, Digby Vergenoeg (1971), is destyds bekroon met sowel die Ingrid Jonker- as die Eugène Marais-pryse. Hierdie keur is ’n erkenning en bevestiging van ’n belangrike en beleë digterskap wat oor byna 40 jaar strek. Lina Spies skryf ’n gedig wat onmiddellik as haar eie geëien kan word. Sy skryf ’n persoonlike liriek met sterk biografiese inslag waarin onder meer familiefigure en jeugherinneringe sterk figureer. Die agttal bundels bevat benewens verse oor die liefde, reis, godsdiens, en ’n verknogtheid aan die aarde en aardse, ook verse oor kuns en figure (dikwels kunstenaars) met wie sy ’n sterk verwantskap voel en in wie se nood sy haar eie kan verreken. Sy skryf ook (naas Ingrid Jonker) van die mooiste liefdesverse in Afrikaans: van die stralende ontdekking van nuwe liefde tot die ontgogeling en ontnugtering van afskeid. Die keuse van gedigte uit haar agt digbundels is gemaak deur die digter Johann de Lange.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.