Back to results
Cover image for book Die sneeuslaper

Die sneeuslaper

Verhale
By:Marlene van Niekerk
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798151818
eText ISBN:9780798153478
Edition:1
Copyright:2010
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Hoe ontstaan stories, en waarom? Dít is die vrae wat die skeppende skrywer besig hou. Wat is die voorwaarde vir die skryf van fiksie? Nood, dwang, ’n luisteraar, ’n geleentheid, ’n retoriek. In Die sneeuslaper word die betekenis van die vertelkuns op magiese wyse deur vier verweefde verhale oor vriendskap vergestalt. Dit is die aanvanklike gebrek aan begrip vir ’n vriend of medemens wat aangrypend deur die spreker in elke verhaal onthul word (nie sonder humor nie), en wat uiteindelik ’n loutering teweegbring – in verteller én leser.“Die swanefluisteraar – ’n intreerede”: ’n Dosent in kreatiewe skryfwerk kom haar moses teë in ’n buitengewone student (“van wie ek alles geleer het wat ’n skrywer moet wéés ...”).“Die slagwerker – ’n grafrede”: Die aard van vriendskap ontvou wanneer die vriend van ’n gestorwe outeur roubeklaers toespreek op sy begrafnis. “Die sneeuslaper – ’n veldwerkverslag”: ’n Veldwerker wat meedoen aan ’n ondersoek na haweloses misreken haar met ’n wel ter tale boemelaar. (“Ek sal my sneeustorie mooi vir u verpak. Die verpakking is alles, nie waar nie?”)“Die vriend – ’n lesing”: Die vriendin van ’n fotograaf bely haar skuld aan die tragiese verloop van hulle verhouding. (“Dit was ek wat moes oopgaan...”)Hierdie eksentrieke karakters is almal alter ego’s saamgebind in ’n strange loop wat ook die leser intrek in sy kinkels.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.