Back to results
Cover image for book Stoffel in Afrika

Stoffel in Afrika

By:Christiaan Bakkes
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798151290
eText ISBN:9780798153287
Edition:1
Copyright:2010
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Hierdie vyfde bundel oor die wel en wee van Stoffel Mathysen – veldkenner, bewaringskundige en safarileier – bied ’n nuwe invalshoek en nuwe ervarings. Hoewel hy reeds dekades lank in Suider-Afrika werk, neem sy ekspedisies na Midde-Afrika hom tot in die hart van die ware, ongetemde Afrika. Om skatryk kliënte op die gesogte gorillasafari’s in Uganda en Rwanda te begelei, is nie altyd so glansryk soos dit klink nie, maar met sy kenmerkende humor, fyn mensekennis en ironiese kyk maak Stoffel telkens daarvan ’n andersoortige avontuur. Deur dit alles en oor alles heen strek sy gedagtes en gesprekke in ’n durende poging om Afrika te deurgrond. Hierdie verhale volg opnuut ’n kronkelpad deur Stoffel se kleurryke lewe: sy vroeë jare as wildbewaarder en sy werk as soldaat en teenstroper-veldwagter, sy tyd as WWF-beampte in die Kaokoveld, en sy huidige betrokkenheid in Damaraland by die bewaring van swartrenosters. Die leser leer ook die heel persoonlike Stoffel ken, saam met sy geliefde Nina en hulle troeteldiere – wat altyd sorg vir ’n krisis of twee!

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.