Back to results
Cover image for book Die Begunstigde

Die Begunstigde

By:DJ Winterbach
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780798150958
eText ISBN:9780798153201
Edition:1
Copyright:2010
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

’n Lewensmoeë man wat na ’n geestelike ineenstorting nie sy verlede kan herroep nie, verlaat sy armsalige dakkamertjie die heel laaste keer. Só lank reeds het hy met kronkelpaaie na uitkoms gesoek, maar dié keer stap hy reguit en doelgerig., vas van plan om homself aan te meld by die nuwe eutanasie-kliniek.  Hy stap verby die deur van sy buurvrou, die prostituut, en haar dogtertjie, klein Toufle, wat partykeer na sy plate kom luister het. Hy stap deur die onherbergsame stad; hy besoek vir oulaas die biblioteek. Sy dwaaltog lei uiteindelik na  ’n vreemde bestemming, ’n geheime byeenkoms waar die gemaskerde feesgangers hulle bandeloos vergryp aan seks en drank, en na gebeure wat onbeplande en verreikende  gevolge het. Winterbach se debuut is ’n verbluffende  en aangrypende sielkundige riller. Selde word só oorspronklik in die diepgrond van die psige gedelf en die patos van menswees blootgelê.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.