Back to results
Cover image for book Kragtige gebede

Kragtige gebede

By:Arthur Odendaal
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780796316691
eText ISBN:9780796316707
Edition:1
Copyright:2014
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Kragtige gebede is ’n praktiese gids wat vloei uit die behoeftes van gelowiges wat nie weet wat om te bid nie en nie weet watter woorde om te gebruik nie. Hierdie boek spel die onontbeerlikheid van gebed uit. Dit wys op die voordele en krag wat gereelde Bybelse gebede vir die bidder inhou, asook die positiewe uitwerking wat dit op die bidder se lewe het. Gebede wat op die Bybel gegrond is, hou die voordeel van gewaarborgde geestelike groei in, nie net omdat ons hierdeur leer wat God vir ons oor ons lewensomstandighede sê nie, maar ook omdat dit ons help om ons denke in ooreenstemming met God se Woord te bring. Verder is die Bybel ook ’n roetekaart ten opsigte van hoe ons teenoor ander behoort op te tree. Só kan jy in tere bewondering tot God bid of vra vir die beskerming van jou gesin. Jy kan bid vir goeie gesondheid of vir die herstel van jou huwelik. Jy kan bid vir diegene wat Jesus nodig het én ook vir dié wat teruggeval het. Jy kan bid vir jou kind wat onverskillig leef of vir antwoorde op ’n moeilike saak. Kragtige gebede is bedoel vir diegene wat deur opregte liefde vir God gedring word om hul harte tot Hom te rig en met woorde teenoor Hom uiting te gee aan hul gedagtes.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.