Back to results
Cover image for book Nie van hoorsê nie, Here

Nie van hoorsê nie, Here

By:Frits Gaum
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780796316677
eText ISBN:9780796316684
Edition:2
Copyright:2005
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Waar die dood gewoontlik vir ons iets is wat ons ten alle koste probeer vermy, word dit vir die skrywer ’n baie groot werklikheid wanneer hy deur sy dokter meegedeel word dat hy ’n siekte het wat sy lewe kan kos. Skielik word al die klein dingetjies wat jy jou altyd oor bekommer baie klein. En met dit kom ’n hele lot vrae en vertwyfelinge. Waarom word ons siek? Is dit omdat ons sondaars is en God ons so wil straf? Is dit miskien makliker vir ’n gelowige as vir ’n ongelowige om met die dood gekonfronteer te word? Waarom gryp God nie in as ons om hulp smeek nie? Aan die hand van die Bybelverhale van mense soos Job, Elia, Johannes en Jesus, asook ervarings met mense wat hy persoonlik ken, beredineer Frits sy lot. Hy kom dan tot die besef dat, hoewel hy ook wanhopig kan wees en hy maar mag huil, dit nie tevergeefs sal wees om groot dinge van God te verwag nie. In hierdie boek vertel Frits hoe die nuus van sy siekte hom en sy naastes geraak het. Van sy worsteling om tot berusting te kom. Hy skryf ook oor die Christen se benadering tot die dood, en oor die nuwe insigte wat hierdie tyd hom in die Woord van God gegee het. Hierdie is ’n nuwe uitgawe (met ’n nawoord) van hierdie boek wat in 1975 verskyn het.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.