Back to results
Cover image for book Haar naam is Ragel

Haar naam is Ragel

By:Helena Hugo
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780796316042
eText ISBN:9780796316059
Edition:1
Copyright:2013
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Ragel Naudé het naam gemaak as kunstenares, maar sy werk nie meer nie. Sy is nog lief vir haar man, sy het hom nodig, maar kan nie na hom uitreik nie. Sy is depressief en getraumatiseer ná die dood van hul kleuterseuntjie. Sy stry teen God, niks maak meer saak nie, behalwe die herinnering aan sy kort lewetjie. Sy en Stephan dryf uitmekaar, Tienie, wat soos ’n moeder vir haar is, kan nie meer tot haar deurdring nie, ook nie haar beste vriendin, Anke nie. Sy lig nie meer ’n potlood of ’n kwas op nie, sy maak nie huis skoon nie, sy gaan nie meer haarkapper toe of winkels toe nie, sy versorg haarself nie meer nie. Maar sy word gedwing om tandarts toe te gaan en daar in die spreekkamer waar sy die eerste keer in maande tussen ander mense sit en luister na hulle gesprekke, besef sy dat sy iets moet doen aan haar willose bestaan. Terug by die huis vat sy hier en daar en gooi goed in tasse en bokse, laai haar kar vol en kies koers sonder om vir iemand te sê dat sy weggaan. Vir haar man los sy ’n briefie dat hy haar nie moet soek nie, want sy is weg om haarself te gaan soek. Ragel beland op ’n klein dorpie waar sy met erger verdriet as haar eie te doen kry. Sy ontmoet ’n vrou wie se dogtertjie verkrag en vermoor is en wat net soos sy nie kan ophou treur nie. Geleidelik leer die twee vroue wat die sin van lyding is en hoe God in Jesus kan troos.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.