Kamikaze
| By: | Rudie van Rensburg |
| Publisher: | NB Publishers |
| Print ISBN: | 9780795801303 |
| eText ISBN: | 9780795801310 |
| Edition: | 1 |
| Copyright: | 2017 |
| Format: | Reflowable |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
Kassie Kasselman is kriewelrig. Sy lewe lank poeliesman gewees, maar wragtag, wat hy nóú alles in die media oor sy geliefde SAPD lees. En met sy eie oë sién ook, in kolonel Daniels se kantoor by die Nuweland-stasie. Kassie het juis ’n ander werksaanbod gehad . . . En dan moet dit natuurlik só kom dat hy in die middel van sy loopbaankrisis teen die grieseligste moordenaar nóg te staan kom. Die Pion se moordloopbaan het tentakels wat terugstrek na die Apartheidsera, met moderner euwels soos die Afrika-handel in vervalste medikasie wat ook Kassie se aandag verg. Slim skuiwe, dis wat Kassie moet maak, en gou ook . . . Spioenasie en parlementêre wapenhandel-korrupsie, die ontkleeklub-skemerwêreld en ’n kil moordenaar uit jou nagmerries – Kamikaze is Van Rensburg se spannendste roman nóg!