Back to results
Cover image for book 'n Duisend stories oor Johannesburg

'n Duisend stories oor Johannesburg

By:Harry Kalmer
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780795800801
eText ISBN:9780795800818
Edition:1
Copyright:2014
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Die eerste maal wat sy ’n kamera gesien het, het sy nog al twee haar oë gehad. Dit was ’n groot houtkis op vier pote. Die man agter die kamera het sy kop onder ’n stuk swart lap ingesteek, met sy hand om die groot houtkis gevat, ’n koperdekseltjie van die lens-oog gehaal en met sy vinger gewys dat hulle daarna moet kyk. Sy en haar vier kinders moes lank stilstaan voor die tent waar hulle gewoon het. Totdat die man gesê het hulle kan maar weer beweeg. Dalk begin hierdie verhaal buite ’n konsentrasiekamptent in Turffontein. Miskien op ’n Sondagoggend in Mei 2008 met ’n koelbloedige moord. Heel moontlik een-en-veertig jaar vantevore wanneer twee jong mense die stad moet verlaat omdat hul liefde onwettig is . . . ’n Duisend stories oor Johannesburg is ’n fassinerende, behendig verweefde vertelling oor boorlinge van Johannesburg – uitgewekenes, terugkerendes en dié wat nog altyd daar gebly het – hul wel en wee deur die twintigste eeu, en die plekke waar Suid-Afrika hulle in hul lewens laat beland het.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.