Back to results
Cover image for book Slagyster

Slagyster

By:Rudie van Rensburg
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780795800627
eText ISBN:9780795800634
Edition:1
Copyright:2013
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Daar’s ’n moorddossier op inspekteur Kassie Kasselman se lessenaar . . . In die woude van die Niger-delta word Ryan Deetlefs, ’n Suid-Afrikaanse werknemer van die geldgierige Star Petro, gevange gehou deur ’n rebellegroep wat reeds verantwoordelik was vir die dood van etlike oliewerkers. Haarhoff, Malan en Van Dyk Transport in Kaapstad is ’n baie suksesvolle onderneming, en eersdaags sal die drie kollegas nóg dieper rol in die geld. Hulle het ’n uiters lonende byverdienste, in samewerking met SAPD-hoëlui en die Nigeriese sluikhandel. Maar hoe gemaak met Brink van Dyk en sy Taliban-kwellinge? Carl het afgetree op sy splinternuwe olyfplaas in die Karoo. Hy’s klaar met polisiemol-dwelmhandel en die skadulewe . . . totdat sy voormalige bevelvoerder daar opdaag met ’n versoek wat Carl eenvoudig nie kan weier nie – een wat hom in kontak gaan bring met Afrika se mees gewetenlose skurke. En hy’t self nie ’n silwerskoon verlede nie . . . Van dit alles moet inspekteur Kassie Kasselman – posseël- en boeremusiekliefhebber, alleenloper-speurder met ’n ernstige waarskuwing op sy diensrekord – sin maak. Iemand het sleg geknoei, maar hoe hoog op strek die kwaad? Slagyster is ’n debuut-spanningsverhaal deur ’n opwindende nuwe stem in die genre, en vir inspekteur Kasselman sal ons vorentoe weer ontmoet.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.