Back to results
Cover image for book Lig wankelend

Lig wankelend

By:Gerhard Scholtz
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780795800153
eText ISBN:9780795800207
Edition:1
Copyright:2010
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Op 24 November 1949 kom Utte Reuter van Leipzig alleen in Kaapstad-hawe aan; saam met haar dra sy twee pakkies briewe en ’n digbundel van Rilke. Sy is hier om te trou met Christiaan Hofmeyr, die  broer van haar penvriend, wat ’n uitkoms bied van die verskrikking en nadraai van die Tweede Wêreldoorlog. Maar gou verlang Utte huis toe, na ’n wêreld wat vir altyd vir haar vernietig is. In Suid-Afrika voel sy ontuis, in Europe is sy onthuis.   Utte se verhaal word vertel vanuit haar laaste tuiste:  die kliniese wit kamer in die tehuis waar sy opgeneem is vir Alzheimers. Hier, in ’n gestroopte ruimte, verlaat van al die mense om haar, sonder haar geliefde Rilke-boeke en briewe, dink Utte terug aan die liefde en die aard van haar lewe. Aan die swaels en walvisse en Tierkop, die lindeboom in die agtertuin van haar Leipzig-huis, die kombuis met die porselein-opwasbak, die plakpapier teen mure waar sy saans gelê en tel het tot sy aan die slaap raak. Sy dink aan Christiaan en haar seuns. En aan Felix wat altyd maar agter ’n venster vir haar staan en wag. . .

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.