Die vertes in
| By: | Zirk van den Berg |
| Publisher: | NB Publishers |
| Print ISBN: | 9780795708824 |
| eText ISBN: | 9780795708831 |
| Edition: | 1 |
| Copyright: | 2018 |
| Format: | Reflowable |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
Duits Suidwes-Afrika, 1905. Die tengerige Siegfried Bock kom na die kolonie om te bewys dat hy ook ’n man van durf is. Maar dit duur nie lank voordat hy ontnugter word deur die effek van die Duitse uitwissingsbevel teen die Herero’s en die onderdrukking van die Namas nie. Lisbeth Löwenstein, ʼn arm Jodin, moet met ’n Duitse setlaar trou wat sy skaars ken. Toe hy van sy perd af val en sterf, kies sy om saam met die Nama-werkers van sy plaas af te vlug. Mordegai Guruseb, ’n Damara-man, ontsnap uit ’n konsentrasiekamp waar Herero’s besig is om van ontbering te sterf. Maar kort voor lank kom sy vryheid weer in gedrang. Dan is daar ook die mislukte dokter Albert Pitzer wie se pseudowetenskap ontluister word deur Alvaus Luipert, ’n skoolmeester en Nama-leier wat teen die koloniale bestel in opstand kom. Dié vyf se lot vervleg op spannende wyse in die ongerepte landskap van Duits Suidwes-Afrika en stuur af op ’n dénouement wat hul menslikheid tot die uiterste sal beproef.