Back to results
Cover image for book Madeliefies van staal

Madeliefies van staal

By:Pat Stamatélos
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780795704246
eText ISBN:9780795704253
Edition:1
Copyright:2012
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

In hierdie vervolg op Vier begrafnisse en ’n troue kry ons te doen met die twee jonger Douglas-vroue: Lucy Jordan-Douglas, nou al sewe jaar gelukkig getroud, en Cheryl Douglas, suksesvolle grimeerkunstenaar en op pad bóóntoe op die loopbaanleer.Lucy en Ashwin is in die wolke oor haar swangerskap, maar ná twee miskrame moet sy sorg dat sy alle emosionele ontsteltenis vermy. Dis makliker gesê as gedaan. Haar verhouding met skoonma Dulcie is maar stram, en sy is bekommerd oor wat in Sheena, haar sestienjarige, se kop aangaan. En dan is daar die dood van Eddie Stamper – dief en skollie en ongelukkig haar swaer. Cheryl Douglas steur haar eenvoudig nie aan dié wat sê dat sy oppervlakkig en materialisties leef nie. Sure, sy is lief vir blieng en sy is op soek na ’n bietjie maklike romanse, maar sy verlang ook na iets meer . . . iets dieper. Die ding is net: moet sy nou regtig soveel paddas soen voor sy haar prins (óf prinses) ontmoet?

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.