Die tronkgesprekke
Nelson Mandela en Kobie Coetsee se voorpuntdiplomasie| By: | Willie Esterhuyse; Gerhard van Niekerk |
| Publisher: | NB Publishers |
| Print ISBN: | 9780624086741 |
| eText ISBN: | 9780624086758 |
| Edition: | 1 |
| Copyright: | 2018 |
| Format: | Reflowable |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
Dis 1984. PW Botha is desperaat. As Nelson Mandela in die tronk sterf, gaan die land ontplof. Mandela, Prisonier 913, weet dat 'n vryheidstryd se uitkoms afhang van of daar met "die vyand" gepraat word. Kobie Coetsee, minister van justisie, weet dat 913, amptelik 'n gevaarlike gevangene, 'n belangrike leier is wat dringend vrygelaat moet word. In opdrag van Botha begin die enigmatiese Coetsee in die geheim met Mandela praat, die eerste uit die NP om dit te doen. Hulle word spanmaats in 'n ingewikkelde proses op soek na 'n skikking. Boonop sonder die kennis of toestemming van die kabinet. Skrywer en akademikus Willie Esterhuyse, self betrokke by gesprekke tussen die ANC en die NP, vertel saam met Gerhard van Niekerk die onvertelde verhaal van die onbesonge helde van die oorgang. Mense soos Adèle de Waal en Winnie Mandela. Maar veral Coetsee en Mandela, sonder wie se waagmoed daar geen skikking sou wees nie.