Back to results
Cover image for book Spertyd

Spertyd

By:Elsa Joubert
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624084327
eText ISBN:9780624084334
Edition:1
Copyright:2017
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

“Daar is ’n dun skilletjie om ons brein wat ons in die hede anker. Maar soos ’n mens oud word, kom daar skeurtjies in die skil, soos ’n ou laken skif. Dan stroom die verlede daardeur, ontydig of nie. Dis hoekom oumense deurmekaar raak, of hulle konsentrasie swak word, of hulle dinge soos sleutels verloor.” Hierdie boek is die voltooiing van Elsa Joubert se outobiografiese drieluik wat ingelei is deur ’n Wonderlike geweld (2005) en Reisiger (2009). Dit fokus hoofsaaklik op die skrywer se latere jare, in die aftreeoord in Kaapstad waar sy nou al geruime tyd woon, maar haar belewenis van die hede en onlangse verlede word onlosmaaklik vervleg met herinneringe aan veel verder terug, alles geteken in besondere detail en met die kenmerkende woordvaardigheid van een van Afrikaans se mees gevierde skrywers. Selde, indien ooit, is daar al só eerlik, met so ’n totale afwesigheid van sentimentaliteit geskryf oor die oudwordproses. Dit is egter allermins ’n swaartillende leeservaring, want deernis en humor bly nooit agterweë nie. Spertyd is ’n boek wat geen leser onaangeraak sal laat nie – dit bied nie alleen helder insig in die skrywer se lewensbeskouing nie, maar nooi ten slotte elke leser uit om diep na te dink oor sy of haar eie bestaan.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.