Back to results
Cover image for book Van sorg na liefde

Van sorg na liefde

By:Malene Breytenbach
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624080893
eText ISBN:9780624080909
Edition:1
Copyright:2012
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Ná ’n liefdesteleurstelling wil Mia de Villiers vir ’n ruk uit Suid-Afrika wegkom en sy gaan werk as ’n versorger op die eiland van Jersey. Sy kom dadelik met haar werkgewer, die weduwee Sarah de Lisle, oor die weg, maar met haar seun, Jean de Lisle, sit sy vas. Uit die staanspoor is Jean laat om haar by die lughawe op te laai en hy gee te kenne dat Mia sy kosbare tyd as eienaar van ’n makelaarsmaatskappy mors. Boonop insinueer hy dat sy na die belastingparadys Jersey gekom het om vir haar ’n ryk man te vang. Mia vererg haar vir die arrogante vent met sy spoggerige Ferrari – hy moenie dink sy is soos sy trofeemeisies wat deur sy rykdom beïndruk word nie. Hy is nou wel die aantreklikste man wat sy al ooit teëgekom het, maar ná sy deur haar eks-verloofde verkul is, gaan sy beslis nie voor ’n rokjagter soos Jean swig nie. Al blyk dit ook gaandeweg dat dié alfaman ’n sorgsame, sagter kant het wat hy nie sommer vir enigeen wys nie . . .

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.