Back to results
Cover image for book Satyn Omnibus 6

Satyn Omnibus 6

By:Ettie Bierman; Anita du Preez; Lizet Engelbrecht
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624080770
eText ISBN:9780624080787
Edition:1
Copyright:2017
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

In Om minder lief te hê is Arabel ná net ’n jaar van getroude lewe van Henning geskei. Hy het padgegee en ’n pos as vlieënier by ’n Australiese lugredery aanvaar. Maar nou, ses jaar later, ontmoet hulle weer op ’n Hongkong-vlug. Hierdie keer is sy lugwaardin en hy haar kritiese bevelvoerder. En die aantrekkingskrag smeul nog net so sterk tussen hulle. In Margot en die meerman gaan hou Margot vakansie in Zanzibar – stoksielalleen. Daar is niemand wat haar ken nie. En ook niemand om dit saam met haar te vier wanneer sy uitvind dat sy haar M.A. in Musikologie cum laude verwerf het nie. Dan verskyn Konrad op die toneel: diepseeduiker, eksoties, atleties. En jonger as sy. En in Hartstog in Malawi word Rochelle deur haar baas gestuur om die enigmatiese Sir J.C. Auther op te spoor, voordat die publiek óf die pers besef dat hy in Malawi wegkruip. Maar vandat sy in Malawi land, ontspoor haar goeddeurdagte plan. Sy ontmoet ene kaptein Costa en die vonke spat onmiddellik.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.