Back to results
Cover image for book Slapende honde miaau nie

Slapende honde miaau nie

By:Elsabe Steenberg
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624079484
eText ISBN:9780624078388
Edition:1
Copyright:2016
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Kotie skrik toe iemand skielik uit die skemer voor haar opdoem. Agter haar en Jaco lê die park verlate. Maar dan herken sy die vrou – die een wat dikwels hier buite die park onder die tamarisk sit, altyd met ’n bottel by haar. “Hierso,” sê die vrou. “Vat die kind.” Sy sleep iets agter haar rug uit, stoot dit tot voor Kotie. “Ek wil haar nie meer hê nie, en ek sien liewer dat jy haar vat as dat die welfare haar kom haal. Dan is daar weer hell to pay.” “Moet ek jou kind vat?” Verbysterd kyk Kotie af op die klein mensie wat sonder ’n geluid net daar staan, toegeknoop in ’n groot bloes. Sy buk, tel haar op, dra haar tot onder die lamppaal. Die lig wys ’n soet gesiggie onder taai, krullerige haartjies. Jaco kom pluk aan Kotie se rok. “Wat sê die tannie? Hè, Kotie?” Dan nuuskierig: “Is dit ’n rêrige babetjie?” En dan is die vrou weg. Net die tamarisk staan nog daar in die skemer. Verslae staar Kotie na die wesentjie voor haar. Maar skielik voel sy ’n opwinding wat haar vel laat prik. “Luister,” sê sy vir Jaco. “Hierdie kind is ons twee se geheim. Jy moet vir niemand van haar sê nie. Ek moet eers dink wat om te doen . . . Ek moet eers mooi dink . . .”

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.