Back to results
Cover image for book Wegloopwinter

Wegloopwinter

By:Rona Rupert
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624079521
eText ISBN:9780624078333
Edition:1
Copyright:2016
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

In ’n rykmansbuurt in Kaapstad word Manuel hartstogtelik lief vir ’n hond wat nie aan hom behoort nie; hier bots hy ook vir die eerste keer met die gereg, maar maak kennis met die stil sersant wat ’n ommekeer in sy lewe sou bring. In Manuel se eie buurt, waar daar nie tuine is nie en waar die stoepe vol wasgoed hang, waar sy ma se goeie bedoelings verswelg word deur die swarighede van ’n sukkelbestaan, het hy darem vir Carlos, sy wonderlike broer, wat hom eendag gaan saamneem om vér van Blakestraat 3a af te gaan woon. Maar Carlos steur hom nie eintlik aan Manuel nie. By die skool is Manuel die droster, ’n dommerd, en bowenal: Fat Clown. Want Manuel is vet, en hy haat homself daaroor. Maar dit help nie – vir al die leegheid en eensaamheid in sy bestaan ken hy net een raat: eet. En toe gebeur die Sirkus met Manuel. ’n Heel besonderse sirkus wat alles verander, tot in Blakestraat 3a . . . In Rona Rupert se boeiende verhaal met sy buitengewone agtergrond is daar veel te ontdek: dat herkenning van eensaamheid in ’n ander wedersydse genesing kan bring; dat selfrespek die grondslag is van gee én ontvang, dat dit vir elke mens nodig is om nodig gehê te word.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.