Back to results
Cover image for book Klassiek reeks: Kroniek van Perdepoort

Klassiek reeks: Kroniek van Perdepoort

By:Anna M. Louw
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624079132
eText ISBN:9780624078227
Edition:1
Copyright:1975
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Hertzogprys vir prosa (1976), WA Hofmeyr-prys (1977), CNA-prys (1977). Anna M. Louw se indrukwekkendste werk is die groots opgesette familieroman Kroniek van Perdepoort (1975), wat die lotgevalle van die Lotriets deur verskillende dekades volg. Die Bolander Koos Lotriet vestig hom aan die begin van die twintigste eeu aan die voet van die Swartberge en bou met die jare 'n spogplaas op, al word hy en sy vrou as gevolg van sy hoogmoed – wat aan hom die bynaam Koos Nek besorg – nooit volledig in die samelewing opgeneem nie. Ná sy dood sit vier van sy seuns die boerdery voort, maar nie een van hulle is vergelykbaar met hulle vader wat werkywer, idealisme en deursettingsvermoë betref nie en die hele familie, ook die kleinkinders, toon tekens van agteruitgang. Met die tipiese situasies en figure sluit Kroniek van Perdepoort by die ouer Afrikaanse verhaalkuns aan, al word die swakhede van die seuns simbolies-allegories verdiep sodat die familie in sy totaliteit die voordurende aktiwiteite van verskillende doodsondes illustreer. Met die achronologiese struktuur swaai die roman egter weg van die tradisionele Afrikaanse prosakuns. Kroniek van Perdepoort is een van die merkwaardigste romans van die sewentigerjare.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.