Back to results
Cover image for book My kat word herfs

My kat word herfs

By:Barrie Hough
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624079408
eText ISBN:9780624078098
Edition:1
Copyright:2016
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Danie glip tussen die mense deur wat die foyer vol staan. Nêrens sien hy sy ma nie. Sy moenie agterkom dat hy hier is nie. Hy klim die trap, draai regs en stap met die donker gang tot by die staalleer wat na die beligtingskajuit lei. Hy klouter op. In die hokkie bo sit Mike agter die kontrolepaneel. Daar onder op die verhoog staan Karel in ’n kollig vasgevang. Agter hom is dit half donker. Saggies sê Danie die alleenspraak saam. Só kan hy dit vlot sê. Hy verbeel hom hy staan in Karel se plek. Die kollig verblind hom. Sy handpalms is klam. Sweet drup by sy gesig af. Dan gebeur dit. Hy stotter. Die woorde sit in sy keel vas . . . Moedeloos laat sak hy sy kop in sy hande. En agter in sy gemoed roer ’n herinnering wat hy probeer smoor: Neffie en die kerse, die dooie voëltjie, en bloed aan sy hande . . .

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.