Back to results
Cover image for book Die Poort 4: Krygers

Die Poort 4: Krygers

By:Nelia Engelbrecht
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624077565
eText ISBN:9780624077572
Edition:1
Copyright:2017
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

“Jy het dalk hierdie geveg gewen, Kali van Gaia, maar die oorlog is nog lank nie verby nie. Solank ons vir Zak het, het ek mag oor jou.” Hy kyk minagtend na Leonardo. “Julle emosies is julle swakheid; julle ondergang.” Ek leun vooroor en pers spikkels dans voor my oë. ’n Tikkie vrees flits vir ’n oomblik oor Chanda-Mundia se gesig. Ek knip my oë en die pers verdwyn. “Om vir mekaar om te gee, maak ons sterk, nie swak nie. En glo my, daar is nie ’n plek in die heelal wat ek nie sal omkeer om vir Zak te kry nie.” Die Nuweling-Bewakers het die Internasionale Raad erg ontstel met hulle onvermoë om hulle Kragte en Magte te beheer, daarom bevind hulle hulle nou in Ierland. Maar Wicklow-kasteel is meer as net ’n opleidingsentrum – dis ook ’n gesofistikeerde beheersentrum wat al die Poorte op aarde monitor. Wanneer Kali ’n onwelkome gas in die kasteel toelaat, ontketen dit ’n reaksie wat die Ander die mag kan gee waarna hulle smag, en Kali se Bewakerkring vir altyd kan vernietig.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.