Back to results
Cover image for book Die Poort 3: Helers

Die Poort 3: Helers

By:Nelia Engelbrecht
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624077534
eText ISBN:9780624077541
Edition:1
Copyright:2017
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Dan glimlag Leonardo. “Nou ja, love and greetings. Soos ek gesê het, ek sal mooi na jou meisie kyk terwyl ons in Italië is.” Hy begin wegstap. “Kom jy, Kali?” roep hy oor sy skouer. “Ek dink nie ons sal mekaar weer sien voor ons lughawe toe ry nie.” Ek soen Zak sag op sy wang. “Ek mis jou al klaar.” Hy gryp my hand toe ek omdraai om weg te stap. “Kali, ek is lief vir jou en ek sal nie toelaat dat iets . . .” Hy bly vir ’n sekonde stil, sy oë op Leonardo se rug, “. . . of iemand tussen ons kom nie.” “Niks sal ooit tussen ons kom nie, Zak,” is my laaste woorde voor ek agter Leonardo aan drafstap. Die Nuwelinge word na Venesië ontbied om voor die Internasionale Raad van Bewakers te verskyn. Selfs in die Bewakersvesting op Poveglia is hulle uitgelewer aan die Ander en word Kali se Helerskrag, maar ook haar lojaliteit, tot die uiterste beproef.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.