Back to results
Cover image for book Elf dae in Parys

Elf dae in Parys

By:Elizabeth Wasserman
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624077442
eText ISBN:9780624077459
Edition:1
Copyright:2016
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

“Kyk!” sê Luc. “Dis wat ek vir jou wou wys. Sy word genoem ‘Die Gevleuelde Oorwinning van Samothrace’, en vir my is sy die tweede mooiste meisie in die Louvre.” Emma bloos toe hy tergend na haar kyk. Die Franse verstaan sowaar die kuns van flirt! dink sy. Dalk word dit nog hier as skoolvak aangebied. Emma is nie veel lus vir die Franse kursus in Parys nie – haar ouma se geskenk vir haar sestiende verjaarsdag. Maar die Stad van Lig betower haar gou, en met Luc as haar gids kry Parys se bekende bakens vir haar nuwe betekenis. Luc is toevallig daar wanneer vreemde goed begin gebeur: sy word amper toegesluit in die Musée d’Orsay, by die Eiffeltoring val ’n bedelaar haar lastig . . . en wie is die onvergeetlik mooi Oosterse meisie met die viool, wat maar net nie uit Emma en Luc se pad kan bly nie? Fantasie, liefde, avontuur – in Parys is dit moontlik om dit alles oor ’n tydperk van elf dae te ervaar.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.