Ena Murray Keur 9
| By: | Ena Murray |
| Publisher: | NB Publishers |
| Print ISBN: | 9780624076773 |
| eText ISBN: | 9780624076780 |
| Edition: | 1 |
| Copyright: | 2016 |
| Format: | Reflowable |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
Drie van Ena se beste verhale: In Waters van Silóa tref die ergste moontlike lot vir Petra Prinsloo: die huwelik van haar beeldskone suster met dokter Eugene Minnaar, die één man wat vir Petra als beteken. Sy wend haar tot die eksklusiewe kliniek van beroemde plastiese chirurg Klaus Wagner met die opdrag: Maak my ook beeldskoon. In Rabbedoe van Rietkuil is Wynand Hechter, baas van die spogplaas Rietkuil, verontwaardig toe hy sien sy nuwe voorman is toe al die tyd ’n “voorvrou”. Maar Nicolette Bezuidenhout ken van haar man staan. En toe ontpop die rabbedoe-“voorman” boonop in ’n uithaler-gasvrou in ontwerpersklere. En in En die verlange bly het skatryk sosiale vlinder Wouda Kellerman jarelank haar neus opgetrek vir Nak, al sê hy van kleintyd af hy gaan met haar trou. Toe die resessie vir haar en haar ouers armoede bring, is Nak haar enigste toevlug. Maar nou lê Wouda elke aand en luister beangs na die naggeluide op die wildplaas Nhlangani en wonder hoe Nak so kon verander het . . .