Back to results
Cover image for book Die Pro

Die Pro

By:Leon de Villiers
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624076537
eText ISBN:9780624076544
Edition:1
Copyright:2015
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Tiaan is dik vir almal wat hom weer die see wil indwing. By die skool kan hulle nie ophou praat oor hoe die golwe dié vakansie was nie. Glo elke dag perfek. Oh well, great vir hulle, dink Tiaan. Hoop hulle het dit geniet. Daar is seker nie ’n wet wat sê ’n mens móét elke dag in die see lê net omdat jy daar naby woon nie. Maak hom in elk geval siek, ouens wat meer oor surf praat as iets anders. Dink seker hoe meer jy daaroor praat, hoe beter surfer maak dit jou. Met Dirkie was dit anders. Hulle twee kon net sowel verlede jaar die skool gelos en heeldag by die see rondgehang het. Wat het al daardie skoolgaan Dirkie in elk geval gebaat? Sy lewe sou baie meer beteken het as hy liewer die poele bekyk het as om hom moeg te leer aan Wiskunde en sulke snert. En toe drop hy hom. Dirkie, die ou wat altyd vir die grootste golwe kans gesien het, Dirkie, sy beste pel, drop hom solied. En hy wat Tiaan is, bly alleen agter om te verduidelik.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.