Back to results
Cover image for book Amraal

Amraal

By:Marinda van Zyl
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624075615
eText ISBN:9780624075622
Edition:1
Copyright:2016
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Amraal is in 1774 op die plaas Holkrans in die Olifantsriviervallei gebore. Kleintyd is hy en die boerkinders maats. Later bedrieg en beledig hulle hom. Sy werkgewer mishandel, misbruik hom. As lied van Corps Vrije Hottentotten onsnap hy aan die inboekstelsel. Nà die Britse inval by Blaauwberg, dros hy. Met sy vrou en babaseuntjie en enkele ander familielede trek hy noord, na die Gariep. Daar jag hy olifante en word hy mettertyd as regverdige, vredeliewende leier bekend. Onder Amraal se kapteinskap trek mede-Oorlams, Namakwas en Damaras saam. Hy steun die magtige Rooivolk, bemiddel tussen twistende volksgroepe en buig telkens voor beterweterige sendelinge die knie. Altyd besorg oor sy naaste, bewaar kaptein Amraal die vrede tuis. Sy verhouding met sy eerste vrou, Hanna, ʼn dogter van die befaamde Afrikaner-clan, verdiep gaandeweg. By sy sterfbed, in 1864, waak die onverskrokke, trotse Baster Trien. Maar op negentig is dit steeds Klara, sy eerste liefde, wat hom agtervolg. Amraal is ʼn epiese historiese roman. Die lewe van kaptein Amraal Lambert bied ʼn kykie in die vroeë Kaapse koloniale tyd, in die volstrek van die Khoi-Khoin en in die ongenaakbaarheid, in die 19de eeu, van die wêreld wat ons vandag as Namibië ken.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.