Back to results
Cover image for book Struisvoël

Struisvoël

By:Johan Fourie
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624075585
eText ISBN:9780624075592
Edition:1
Copyright:2015
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Op die plaas Vrede van die Blanckenbergs, langs die Gamkarivier in die Klein-Karoo, spoel drie kinders op 16 Desember 1880 soos opdrifsels uit twee verbondsriviere saam. Drie struisvoëls wat in vloedwater voortdryf, langnekmaste sonder seil . . . Klein-Sarel, wat bedags in die volstruiskamp namens sy ma vloek en sy pa tot toorn verwek. Victoria, van geboorte af niemandskind op ’n ander se land. En Marja, oud genoeg om te weet die hel kan enige tyd, enige plek wees. ’n Leeftyd later kan sy nog die presiese datum onthou. Dit was die dag nadat haar pa sy plaas afgeteken het. Die dag ná haar veertiende verjaarsdag. Die dag van die afloop van ’n vloed en die begin van ’n noodlottige nuwe verloop, soos wanneer strome in ’n groter poel saamvloei, ineenloop, ’n oomblik rus, en dan onstuitbaar aanstorm see toe. ’n Merkwaardige debuut wat teen die agtergrond van die opbloei en ineenstorting van Oudtshoorn se goue volstruisveer-era, enduit boei en verras.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.