Back to results
Cover image for book Die naaimasjien en ander stories

Die naaimasjien en ander stories

By:Rachelle Greeff
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624075493
eText ISBN:9780624075509
Edition:1
Copyright:2015
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Jy sien op straat ʼn gesig, jy herken ʼn gebaar, byvoorbeeld die manier waarop iemand ʼn sigaret aansteek, of hoe die wind gordyne deur ʼn oop venster ʼn vertrek laat inbol, en jy weet – plotseling – dat die belangrikste goed in jou lewe reeds gebeur het. Dit kan wees dat jy jou misgis, en wie weet, dalk staan jy eintlik maar net voor die grootste misterie van jou ganse lewe, maar iets . . . iets, weet jy, is vir altyd verby. ʼn Kameraman word wakker langs ʼn jong bloemiste wie se hande na begrafnisblomme ruik; op ʼn Karoodorp lei ʼn Britse skrywer se liefde vir woordspeletjies tot die heel verste grens; ʼn polisieman wonder oor die inhoud van ʼn beige handsak wat hy op ʼn misdaadtoneel gekry het; ʼn bejaarde vrou wag op die koper van die naaimasjien waarmee sy ʼn hele lewe aanmekaargestik het. Rachelle Greeff is een van die akkuraatste registreerders van hierdie beslissende lewensmomente, daardie drumpel tussen dit wat verby is en die skitterende duisternis wat wag. En in verhaal ná verhaal wring sy die leser se hart presies om daardie goed wat nooit verbygaan nie.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.