Back to results
Cover image for book Bloudruk vir die liefde

Bloudruk vir die liefde

By:Susan Pienaar
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624074649
eText ISBN:9780624074656
Edition:1
Copyright:2015
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Wanneer ingenieur Salomé Delport per ongeluk hoor hoe haar nuwe baas, Malan Verster, twyfel of sy die manlike werkers op die bouperseel kan beheer, is sy vasbeslote om die vent verkeerd te bewys. Sy wat Salomé is, is net so gemaklik in ’n oorpak as in die blink rokkies wat sy by haar suster, Magdaleen, se dansskool dra. Malan moet haar nie onderskat bloot omdat sy ’n vrou is nie. Maar dit voel asof die perfeksionistiese Malan, ’n bekroonde argitek én ingenieur, alewig op die bouperseel rondhang om oor haar skouer te loer. Of is dit om ander redes dat hy gedurig haar geselskap opsoek? Selfs wanneer Salomé ’n ander sy van Malan sien – die een wat byna sorgvry die langpad na sy familieplaas met sy motorfiets aandurf – en dit lyk asof hy sy persepsie van haar verander het, bly Salomé lugtig vir hom, want sy wil nie bloot nóg een van sy string meisies word nie. Daarvoor het sy te veel selfrespek. Maak nie saak hoe aantreklik hy is nie . . .

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.