Back to results
Cover image for book Boer kry ’n vrou

Boer kry ’n vrou

By:Jan van Staden
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624073697
eText ISBN:9780624073703
Edition:1
Copyright:2015
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Hoekom sal ’n ou soos Juan van Wyk aan die TV-program Boer soek ’n vrou deelneem? Hy is nou wel nie getroud nie, maar dit beteken vir geen oomblik dat hy nie ’n vrou het nie. Om die waarheid te sê het hy omtrent elke vrou op die dorp presies net waar hy haar wil hê. Tussen die lakens. Volkome uitgelewer aan sy buitengewone lyflike vermoëns. Ja, daardie Bosveldplaas van hom ken die snak van ’n ekstatiese vrou. Maar die ding is dat Juan nou al ’n ruk lank voel sy bedavonture moet rigting kry. En dalk help die TV-program. Dis in elk geval wat sy suster sê. En Marissa, die dominee se dogter, sê ook so. Dis dié dat hy nou wag dat die filmspan opdaag, want hy het tien meisies wat hom gaan help om agter te kom wat dit is wat hy wil hê. En dan lê sy lewe voor. Nog nooit was Afrikaanse fiksie só warm nie. Nog nooit is daar so lekker op papier gevry nie.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.