Back to results
Cover image for book Sarah du Pisanie Omnibus 11

Sarah du Pisanie Omnibus 11

By:Sarah du Pisanie
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624072850
eText ISBN:9780624072867
Edition:1
Copyright:2015
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

In Liefde per dosyn moet musiekonderwyseres Christa van Graan teen haar sin op ʼn afgeleë plaas gaan skoolgee. Dis nie die elf seuns vir wie sy klasgee wat haar pla nie, maar eerder die baas van die plaas, baron Von Leipsig, wat haar teen die bors stuit. Sou hy haar ná al die jare onthou? En is hy steeds so ʼn gemene buffel? In Waar die Suiderkruis hang pak agtienjarige weesmeisie Katrien Kruger die lang, gevaarlike pad Duitswes toe saam met die Liebenberg-gesin aan. Vandat sy vir hulle begin werk het, het die Liebenbergs soos familie geword. Dis net aan Faan, die middelste Liebenberg-seun, wat Katrien nie as ʼn broer wil dink nie. Maar hy het net oë vir Helena Pretorius met haar verfynde afrondingskoolmaniertjies. In ʼn Vrou vir Herman soek beesboer Herman van Rensburg ʼn vrou soos sy ouboet s’n – Magriet wat sy voete onder hom uitgeslaan het. In die Boland leer hy die jong perde-afrigter Estie ken en geniet haar geselskap, maar dis die toekomstige eienares van die plaas waarop hy tydelik werk kry, Leana met die gesofistikeerde maniertjies en wulpse vroulikheid, wat sy hart wild in sy borskas laat tamboer slaan…

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.