Back to results
Cover image for book 'n Nooi vir Omdraaikrans

'n Nooi vir Omdraaikrans

By:Sarah du Pisanie
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624072539
eText ISBN:9780624072539
Edition:1
Copyright:2014
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Met ʼn slinkse slenterslag sorg Hilda Cronjé dat haar vriendin Mariet Fourie weer eens haar kastaiings uit die vuur moet krap. Ná ʼn tref-en-trap-ongeluk jaag Hilda weg. ʼn Ooggetuie wys haar omkoopgeld van die hand en haar gewetenlose daad kom op die lappe. ʼn Desperate Bernard Cronjé reël dat sy selfsugtige dogter drie maande tikster moet speel vir doktor Kobus Liebenberg, sielkundige navorser op die afgeleë Omdraaikrans. Maar Hilda het net een ambisie en dit is om ʼn topmodel in Johannesburg te word. Eers op Omdraaikrans ontdek Mariet waarvoor sy haar ingelaat het. Almal minag en wantrou haar en sy sukkel om die rol van haar selfsugtige, gewetenlose vriendin oortuigend te speel, want sy kan eintlik niks anders wees as haar onbaatsugtige self nie. Kobus kan “Hilda Cronjé”, oftewel “Griet”, dus in geen kategorie plaas nie. Totdat Yvonne Sterling, Kobus se vriendin, onwetend die eerste saadjie van agterdog oor die geval Cronjé saai. Waarom lyk sy tikster Griet so baie na Hilda Cronjé, die sosiale vlinder wat gereeld oor glansblaaie dartel? Kobus begin in die doolhof van Griet se identiteit rondspeur. Nie net sy agterdog nie, maar ook Mariet se hart dryf haar al meer in ’n hoek…

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.