Back to results
Cover image for book Dierbare drosters

Dierbare drosters

By:Sarah du Pisanie
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624072515
eText ISBN:9780624072515
Edition:1
Copyright:2014
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Toe Betsie Viljoen se pa weens geldnood hul plaas aan Barend von Throtha moet verkoop en by die Ebony-myn gaan werk, is ʼn wit vlam van wraak in haar hart aangesteek. En nou, ná jare op die stowwerige myndorpie, is Jasper Viljoen oorlede en wag sy en haar vier pragtige halfsussies op die mynmagnaat om hulle te kom haal. Gelukkig kry hulle snuf in die neus oor sy plan om vir Betsie werk te kry en die ander vier weeshuis toe te stuur. Met wa en donkies vlug hulle na die ou berghut op die plaas. As hulle moes geweet het dat ou Barend se seun, Ludwig, op die plaas boer, sou hulle dadelik die hasepad gekies het. Gelukkig kry hulle ʼn beskermengel in die vorm van die vertoiingde ou prospekteerder, oom “Slonsie”. Wanneer Barend besluit om self op Kameeldoring na die Viljoen-dogters te kom soek, het Ludwig sy eie planne om hulle te beskerm. Want Betsie is die eerste meisie wat sy gewese verloofde, Anette Adendorf, se beeld uit sy hart verdryf. Anette daag egter onverwags saam met sy pa op die dorp op, en skommel Ludwig se kaarte lelik deurmekaar. Waar eindig jammerte en waar begin liefde? En kan ʼn vrou weer lewe in uitgebrande kole blaas?

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.