Back to results
Cover image for book Dokter met die X-faktor

Dokter met die X-faktor

By:Susan Pienaar
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624070948
eText ISBN:9780624070979
Edition:1
Copyright:2014
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Narkotiseur Leandra hoop net een ding oor die nuwe ortopediese chirurg, en dis dat hy nié een van die moeilike soort sal wees wat almal in teater verskree nie. Sy’t nie kon droom dat hy haar dadelik so sal boei nie – haar hande jeuk behoorlik om die vreemdeling te teken toe sy hom die eerste keer in die hysbak sien. Maar o wee! Toe moet sy ontdek dis einste dokter Dieter Erlank, dié mooie man in die hysbak, wat vanoggend haar parkeerplek gegaps het, en hy’t haar gehoor toe sy agterna die parkeerdief as ’n sot uitgekryt en sy voertuig beledig het − wat ’n slegte voet om mee af te skop! In teater gaan dit ook niks beter nie, en Leandra en Dieter hap oor en weer na mekaar, al drukkend op mekaar se knoppies. Wanneer hulle boonop sleg koppe stamp oor ’n moontlike geval van kindermishandeling, word Leandra se treurige geskiedenis ook bygesleep. Is Dieter en Leandra se onderskeie X-faktore vermors op mekaar?

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.