Met die oog op liefde
| By: | Malene Breytenbach |
| Publisher: | NB Publishers |
| Print ISBN: | 9780624070214 |
| eText ISBN: | 9780624070221 |
| Edition: | 1 |
| Copyright: | 2014 |
| Format: | Reflowable |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
Jong dokter Naomi Harker doen aansoek om werk op ’n mobiele oogkliniek, en reeds tydens haar onderhoud is sy diep aangetrokke tot die trein se hoofspesialis, die uiters aantreklike Tony Baxter. Sy is verheug toe sy gekeur word, maar van meet af aan is daar wrywing op die oogtrein: Naomi se eks werk ook as spesialis daar, en sy jaloesie oor Naomi en Tony se goeie werksverhouding is duidelik te sien. En dan is daar die apteker, wat weer een van Tony se ekse is . . . Alles kan egter nog gaan tot hulle Louis Trichardt bereik. Daar verleen Tony en Naomi hulp aan ’n vlugteling-gesin van Zimbabwe, en die gevaar van dié middernagtelike avonture vorm ’n hegte band tussen hulle twee, wat verdiep wanneer die trein se mense later by die Baxters se familieplaas uitspan. Naomi bly egter huiwerig om haar ware gevoelens vir Tony te wys, want hoe kan ’n adonis soos hy werklik in so ’n doodgewone vrou belangstel? Sal die oogtrein se spore vir Naomi na ware liefde lei, of is daar net te veel duwweltjies in die pad?