Back to results
Cover image for book Bambaduze

Bambaduze

By:Derick van der Walt
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624069294
eText ISBN:9780624069300
Edition:1
Copyright:2015
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Wanneer woorde nie werk nie, moet jy 'n ander manier vind om jou stem te laat hoor. “’n Paar blokke noord van die Rosebank-sentrum sien hy blou ligte flikker. Seker ’n motorongeluk. Hy pluk hom altyd vir mense wat nie kan bestuur as daar ’n paar druppels reën val nie. Ry mekaar moer toe. Die gedagte aan polisie maak hom dadelik behoedsaam. Kophou, mater, sê hy vir homself. Jy ry net mooi by die spul verby. Jy kyk nie links nie, jy kyk nie regs nie. Dis nie jou issue nie. Die arme mense wat mekaar gehaak het, dis húlle issue. Niemand sal eers in jou rigting kyk nie. Dan sien hy dis ’n padblokkade en sy lyf word koud. Hy bestuur die kar sonder 'n lisensie en ’n sleutel in die aansitter. Hy begin sweet, al is dit koel ná die reën. Uit die hoek van sy oog sien hy een van die polisievroue aangestap kom. ’n Paar meter verder het ’n verkeerslig skielik die gees gegee. Dit het pas nog gewerk. Dis net die geel lig wat aan is. Dit flikker oor die naderende polisievrou, aan en af, aan en af.” Bambaduze is Derick van der Walt, skrywer van die topverkoper Lien se lankstaanskoene, se vierde jeugroman. Dit verwoord ’n seun se uiting van verlies, maar ook die verligting wat aanvaarding kan bring en is uiteindelik ’n besonderse, inspirerende storie oor die heelwordproses ná trauma.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.