Back to results
Cover image for book Ons oorlog

Ons oorlog

By:Klaas Steytler
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624068488
eText ISBN:9780624068495
Edition:1
Copyright:2000
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Die vuur begin met geweldige drif in die huis te brand. Aan die westekant van die garingbome trek yl grys rook die lug in; die lappie winterkoring is ook brandgesteek. Oor ’n ruk sal net ’n swart tapyt agterbly. Lenie trek al die registers uit en pomp die musiekie se twee pedale. Sy speel ’n psalm. “Die vloekpsalm, Psalm 69, Leentjie. Die vloekpsalm.” Ons oorlog verweef intieme familiestories in die groter landskap van die oorlog in die Oranje-Vrystaat, om ’n deurleefde beeld te gee van die stryd tussen Brittanje en die Boererepublieke – die lot op plase, te velde, in konsentrasiekampe en Bloemfontein; en ook van die private stryd binne gesinsverband. In die familie is daar meelopers en bittereinders, geestelik weerbare vroue en weerlose kinders. Dit gaan ook oor “oorloë” wat op ’n oorlog volg – die onopgeloste konflikte ná die sluiting van vrede. Met deurstraalde eenvoud word ’n ontroerende tafereel van die verwikkeldheid en onontkombare droefnis van oorlog geskilder. Klaas Steytler se familieroman gaan oor ontberinge en byna ondraaglike smart, maar ook oor ’n soeke om die verlede te begryp, oor die invloed van vorige geslagte op nasate, en oor uiteindelike versoening.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.