Back to results
Cover image for book Karnaval en lent

Karnaval en lent

By:T.T. Cloete
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624067740
eText ISBN:9780624067757
Edition:1
Copyright:2014
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Karnaval en Lent word gekenmerk deur die opheffing van die skeiding of grens tussen die digter en die mense en dinge waartussen hy lewe, tot by die punt van volledige vereenselwiging: Die digter staan tussen medeskepper én medevernielers van die aarde; staan voor die kleinste mier én die oorweldigende kosmos. Filosofies en literêr is dit ’n besonder byderwetse en aktuele uitgangspunt, hierdie afbreek van die skanse tussen die een wat kyk en dit wat bekyk word. Maar benewens hierdie vereenselwiging of éénwording, gee die titel reeds ’n aanduiding dat dit eintlik in hierdie bundel gaan oor twee uiterstes wat teenoor mekaar gestel word: fees teenoor vastyd, uitleef teenoor inkeer, oordaad teenoor tekort. Die oordadige, oftewel die karnavaleske, staan in spanning met Lent, oftewel die kentering en die wegkeer van die wêreldse. Die digter kyk enersyds na die wêreld van uiterstes en verwording wat ons beleef, en andersyds na die rituele, die feestelikhede wat ons verbind, nes die vastyd ons bind. Die kenmerk van die digterlike metafoor is immers die vermoë daarvan om uiterstes te verbind, soos die uiterstes van vernietiging en herlewing. Hiervan getuig TT Cloete se digkuns by uitstek, en daarom bly dit immer kragtig en nuut.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.