Sophie en Sophia (Ultrasatyn)
| By: | Elizabeth Engela |
| Publisher: | NB Publishers |
| Print ISBN: | 9780624066873 |
| eText ISBN: | 9780624066873 |
| Edition: | 1 |
| Copyright: | 2013 |
| Format: | Reflowable |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
Op sewe-en-twintig moet Sophie dit nou eenmaal erken: sy benodig sekslesse. Sy’t dan nog nooit die groot O gevoel nie, nog nie eens naastenby nie! Dan gebeur drie dinge byna tegelyk: Sophie kom in kontak met ’n skrywer van witwarm hygromans, raak lus om te begin blog soos in Julie & Julia, én trek in ’n nuwe woonstel in – langs haar broers se pel Derek. Ja, die een wat soos haar amper-ouboet is . . . Maar ook só glad nie! Sophie verbrand haar vingers met Derek, want van hartsake weet sy so min as van kosmaak, en mens kan van albei ’n liederlike brouspul maak. Derek weet veel meer van sensuele sake, en saam-saam beproef hulle allerlei resepte wat hy reeds vervolmaak het. Teen die muur . . . In ’n restaurant . . . In ’n bewegende motor . . . Sophie kan nie uitgeproe raak nie, maar haar seks-blog is ’n bestanddeel wat Derek nie verwag het nie, en die lewe dreig om Sophie alleen voor haar rekenaarskerm te laat . . . Sophia en Sophia was die wenverhaal in NB-Uitgewers se Ultrasatyn-wedstryd vir superstomende liefdesverhale wat die sensuele besing.