Back to results
Cover image for book Hermann Giliomee: Historikus -- 'n Outobiografie

Hermann Giliomee: Historikus -- 'n Outobiografie

'n Outobiografie
By:Hermann Giliomee
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624066835
eText ISBN:9780624066842
Edition:1
Copyright:2016
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Hermann Giliomee verweef die verhaal van sy lewensverloop met dié van 'n land wat hom boei en besiel, 'n land waar die geskiedskrywing sentraal staan tot die hedendaagse politiek. As internasionaal gerekende historikus ondersoek Giliomee lewenslank die ontstaan en handhawing van die skerp verdeeldheid in die Suid-Afrikaanse samelewing. Sy werk is vars en vreesloos, en vind aanklank by kenners én gewone Afrikaanse lesers wat oor hulself en hul verlede begin herbesin. Sy uitgesprokenheid haal hom dikwels die gramskap op die hals - uit wyd uiteenlopende oorde. Hy is al gebrandmerk as 'n slang in ons midde", 'n oorbeligte", 'n taalbul" en die boer in the woodpile". Hoewel Giliomee as kind van die Afrikaner-volksbeweging in die 1950's grootword, wyk hy af van die nasionalistiese tradisie in sy kritiese ondersoek na die opkoms, hoogty en ondergang van eksklusiewe Afrikanermag. Hy lewer veral in die 1980's en 1990's skerp kritiek op die regering se alleenheerskappy en sy onwilligheid om vanuit 'n posisie van mag te begin onderhandel. Met binnekring-kennis is sy verstaan van Afrikanermag ingelig en genuanseerd, iets wat saam met sy onderhoudende vertelwyse lei tot talle topverkopers, waaronder die magistrale The Afrikaners, wat in 2003 deur The Economist uitgesonder is as een van sy boeke van die jaar.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.