Gister se verlange
| By: | Annelize Morgan |
| Publisher: | NB Publishers |
| Print ISBN: | 9780624066521 |
| eText ISBN: | 9780624066521 |
| Edition: | 1 |
| Copyright: | 2013 |
| Format: | Reflowable |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
Na twintig jaar in ’n klooster in Frankryk, hoor Rozanne de Savoye dat haar moeder nog leef en waarskynlik iewers aan die Kaap de Goede Hoop woon. Bykans ekstaties van vreugde en opwinding reis Rozanne na die Kaap – om sommer uit die staanspoor met teleurstellings en teenslae te doen te kry. Boonop raak sy vergeefs verlief op Armand le Riche, ’n aantreklike jong avonturier wat haar leer dat die liefde maar net ’n speletjie is. Rozanne se teenwoordigheid aan die Kaap skep spanning in die lewens van baie mense: Armand se ouers wat haar as ’n klein fortuinsoekster sien; die bekoorlike Angélique wat vier jaar lank op Armand se tuiskoms gewag het; Jacques le Riche, wat haar vir sy eie geldsugtige doeleindes wil gebruik; en Armand se tante wat met vrees en bewing verneem het van die jong “non” wat gekom het om die verlede oop te krap . . . Die spanning tril later snaarstyf, want ’n gemaskerde boosdoener probeer boonop telkens om Rozanne uit die weg te ruim.