Back to results
Cover image for book Duwweltjiepad

Duwweltjiepad

By:Elza Rademeyer
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624066446
eText ISBN:9780624066446
Edition:1
Copyright:2013
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Rudolf Mulder, jongste multimiljoenêr in die Kaap, se lewe bestaan uit sport, meisies en partytjies. Totdat die noodlot sonder genade ingryp. Die prys vir ’n oomblik van hartstog met die wulpse, blonde Julia Saunders in sy voortsnellende motor is bitter duur: Wanneer hy sy bewussyn in die Conradie Hospitaal herwin, is sy onderlyf verlam. Nou duik ’n skim op uit sy verlede: die mooi swartkopgeitjie met die blitsende groen oë – suster Jo. Hy kan haar nie plaas nie. Sy verwar hom met uitsprake soos: “Julle ryk mans gee my ’n pyn. Natuurlik het ek al my sprankel verloor. Ek het dit ses jaar gelede al verloor toe jy . . . Julle mans is almal verraaiers!” Verraad? Hy kan nie onthou nie . . . Hier in die hospitaal kom Rudolf agter hoe die Here vooruitloop om die dorings uit die pad te vee. Daarom kan hy weer ja sê vir die lewe. Om Jo span die vangnet van die verlede egter al hoe digter. Klein Anton se pleegouers pers haar af om hom vir aanneming aan hulle af te staan; die nuuskierige tant Betta dryf haar in ’n hoek oor die foto in haar huis wat so sprekend na een van Rudolf as kind lyk, en ’n tweede, identiese Rudolf Mulder verskyn op die toneel . . .

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.