Geloof anderkant Sondag
Christenskap met en sonder die kerk| By: | Julian Muller |
| Publisher: | NB Publishers |
| Print ISBN: | 9780624066231 |
| eText ISBN: | 9780624066248 |
| Edition: | 0 |
| Copyright: | 2014 |
| Format: | Reflowable |
eBook Features
Instant Access
Purchase and read your book immediately
Read Offline
Access your eTextbook anytime and anywhere
Study Tools
Built-in study tools like highlights and more
Read Aloud
Listen and follow along as Bookshelf reads to you
'n Groeiende groep gelowiges bevind hulle vandag buite die kerk. Hulle noem hulself nog Christene, maar sukkel om met die georganiseerde godsdiens te identifiseer. Ander is steeds tuis in die kerk, maar verlang na nuwe maniere van praat oor geloof. Dié boek is vir hierdie soekendes. Die bekende teoloog Julian Müller onderskei tussen wat hy 'n Sondag-geloof noem en "geloof anderkant Sondag". Waar 'n Sondag-geloof die veiligheid van duidelike reëls en vaste kerklike gebruike bied, laat geloof anderkant Sondag ruimte vir onsekerheid en vertwyfeling. Dit maak erns met die geloofsvrae waarmee mense worstel sonder om te oorvereenvoudig. Müller gebruik sy eie vrae as vertrekpunt en neem treffende voorbeelde uit sy eie lewe om te wys dat daar wel anderkant Sondag geglo kan word.