Back to results
Cover image for book Sarah du Pisanie Omnibus 8

Sarah du Pisanie Omnibus 8

By:Sarah du Pisanie
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624065739
eText ISBN:9780624065746
Edition:1
Copyright:2013
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

’n Juffrou vir Skurwekop Met ’n ysterhand regeer Bertus Kruger oor sy klein koninkryk – Skurwekop se landbouskool. Totdat juffrou Annie Delport die eerste vrou word wat die heiligdom van hierdie mannedomein betree. Gou hou sy die seuns se harte in die holte van haar hand – en inspireer hulle onwetend om ’n dans van die liefde spesiaal vir hul juffrou te skep. Hard soos kameeldoringhout Wat vrees sy die meeste? Dié wilde, ongetemde land, of hierdie woeste barbaar? Martie Schlage trek ongenooid agter transportryer Braam Potgieter aan, want ná haar ma se dood móét sy net by haar sendelingpa uitkom. “Braam is wild, so hard soos kameeldoringhout. Wanneer hy die dag besef jy is ’n vrou, wil ek nog sien hoe gedra hy hom soos ’n heer!” het Pieter van Bergen gewaarsku. Maar waarheen kan Martie vlug? En wil sy vlug? Sandroos uit Meob As Ansa maar net nooit haar vrouwees in ’n swart nonnegewaad probeer verskuil het nie; as sy net nie ’n leuenweb oor Braam Venter geweef het nie . . . Maar dit was ter wille van suster Theresa, ter wille van oorlewing. Want hoe moes hulle anders uit die verlate spookdorp Meob by die beskawing uitkom? Louw Greyling het net een doelwit – vergelding en om Braam Venter en sy diamante te kry. Suster Ansa is die padkaart na daardie skat. Min kon hy droom dat daar ook ’n roete na sy hart is . . .

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.