Back to results
Cover image for book Goree

Goree

By:Adam Small
Publisher:NB Publishers
Print ISBN:9780624065425
eText ISBN:9780624065432
Edition:1
Copyright:2013
Format:Reflowable

eBook Features

Instant Access

Purchase and read your book immediately

Read Offline

Access your eTextbook anytime and anywhere

Study Tools

Built-in study tools like highlights and more

Read Aloud

Listen and follow along as Bookshelf reads to you

Dié drama, ’n liries en droomagtige maar tegelyk ook skreiend pynlike stuk oor herinnering en ongeregtigheid, is reeds in 1978 geskryf, in die hoogbloei van apartheid en twee jaar ná die Soweto-opstand. Dit is etlike kere opgevoer, maar word nou die eerste keer gepubliseer. Dit is in wese ’n versetdrama, maar die artistieke krag en durende relevansie daarvan lê in die wyse waarop dit wys hoe pynlik intiem verset en lojaliteit verstrengel is. Goree word gesien as Small se mees persoonlike letterkundige werk; hy het dit self beskryf as ’n gefiksionaliseerde outobiografie. Die titel van die teks is ook die naam van die gehuggie naby Robertson waar Small grootgeword het. Die drama gaan oor ’n bruin man wat ’n bom in ’n supermark geplant het en dan weens die terreurdaad verhoor en opgesluit word. Gedurende die verhoor en ook in sy tronksel tree hy deur middel van terugflitse in ’n voortdurende gesprek met die verlede, spesifiek met die sleutelmomente wat sy identiteit en sy verset bepaal het. Die klimaks van die drama is ’n gesprek – ’n konfrontasie – in die tronksel waaraan die aangehoudene, sy vrou en sy pa, sowel as die Afrikaanse bewaarder deelneem. Die klimaks wentel om die gewaarwording dat gevangene en bewaarder verdeel én saamgesnoer word deur dit wat hul onderskeie identiteite bepaal. Dit gaan hier om óns taal, óns kerk en óns grond. Dit is daarom só betekenisvol dat hierdie drama, wat aanvanklik in Engels geskryf is, nou in Afrikaans gepubliseer word. Die skrywer se verset teen sy onderwerping deur taalgenote word hierdeur die bevestiging van ’n grondliggende lojaliteit.

• 2026 © SAU Tech Bookstore. All Rights Reserved.